Saturday, April 21, 2007

Our major task is to ensure that a White nation will prevail here. Every nation has the inalienable right to safeguard that which it has built for itself and for posterity. This, then, is our task

Dr en mev HF Verwoerd - vollediger geskiedenis



Dr en mev HF Verwoerd - vollediger geskiedenis
Hendrik French Verwoerd is op 8 September 1901 in Amsterdam, Nederland, gebore as tweede seun van Wilhelm Johannes Verwoerd en Anje Strik Verwoerd. Hierdie gesin het saam met die Nederlandse Volk gerou oor die verlies van vryheid van die twee Republieke, Transvaal en die Oranje-Vrystaat.
In 1903 emigreer die Verwoerd-gesin na Suid-Afrika waar hulle hul oor die jare opeenvolgend gevestig het in Kaapstad en Bulawayo in die destydse Suid-Rhodesië. In Kaapstad was die klein Hendrik en sy ouer broertjie, Len, in die Lutherse Laerskool. ‘n Sustertjie, Lucy, is later gebore. In Bulawayo het hulle die Milton High School bygewoon waar ‘n Beit-beurs in 1915 aan die jong Hendrik toegeken is en sy naam op die ererol van sy skool verskyn.
In 1917 verhuis die Verwoerdgesin terug na Suid-Afrika en vestig hulle op Brandfort in die Oranje-Vrystaat.
In 1919 word Hendrik Verwoerd student aan die Universiteit van Stellenbosch en vanaf 1921 woon hy in Dagbreek-koshuis waar hy ook primarius word.
In 1922 dien hy saam met Betsie Schoombee van Middelburg, Kaap, op die Studenteraad en word hulle goeie vriende. Sy sou later sy vrou word. Op Universiteit is Hendrik Verwoerd briljant en hier word hy reeds ‘n leier van mense. Sy leierskap gaan nie ongemerk verby nie.
Einde 1921 behaal Hendrik Verwoerd die graad BA met lof en einde 1922 sy MA in Sielkunde met lof. In 1923 sit hy sy doktorale studies voort en word voorsitter van die Studenteraad.
In 1924, sy finale jaar, promoveer hy tot dokter in die Wysbegeerte, met Sielkunde as studierigting. Hy gee reeds klas as lektor. Die begaafde dr Verwoerd verower twee studiebeurse, maar aanvaar die kleiner Duitse aanbod omdat hy meen dat dit beter geleenthede vir navorsing bied.
In 1925 kom die jong dr Verwoerd in Duitsland aan waar hy aan die Universiteite van Leipzig, Hamburg en Berlyn studeer.
In 1927 kom Betsie Schoombee in Europa aan om met Hendrik Verwoerd in die huwelik te tree. Sy het self ‘n skitterende akademiese loopbaan agter die rug: BA met lof, Onderwysdiploma met lof, B.Ed. met lof, MA in Afrikaans-Nederlands.
Na hul troue en verblyf in Hamburg, vergesel sy hom op ‘n toer deur Europa en ‘n besoek aan die VSA waar hy navorsing doen.
Terug in Suid-Afrika vestig hulle op Stellenbosch waar dr Verwoerd op 26-jarige ouderdom tot professor bevorder word, in Toegepaste Sielkunde en Psigotegniek. Vir hom is die Universiteit se primêre taak volksdiens.
In 1932 word hy hoogleraar in Sosialogie en Maatskaplike Werk waar hy maatskaplike werkers voorberei om onder sy volk uit te stuur.
In 1934 is prof Verwoerd een van die leiers van die Volkskongres oor die Armblanke-vraagstuk onder Afrikaners.
In hierdie tyd word die hoofredakteurskap van "Die Transvaler," die nuwe Nasionale dagblad in Johannesburg hom aangebied en in 1937 aanvaar hy die uitdaging. Met sy hoofartikels bereik hy sy volk. Hy word by uitnemendheid die bepleiter van die republikeinse ideaal. Op ekonomiese gebied slyp hy sy mense met " Die Afrikaner het drie wapens: Kapitaalkrag, werkkrag en koopkrag." Tuis bly dr Verwoerd die sorgsame, beminde vader en is Betsie Verwoerd altyd liefdevol getrou aan sy sy.
Op 31 Desember 1948 bedank dr Verwoerd as redakteur van Die Transvaler nadat hy in Julie tot die Senaat verkies is. Van agterbanker vorder hy binne twee jaar tot sleutelminister.
In 1950 word hy benoem as Minister van Naturellesake in Ds Malan se kabinet. Die nuwe Minister werk onvermoeid vir die ideaal van aparte vryhede. ‘n Vrye republiek van geregtigheid vir almal bly steeds die mikpunt.
Op 2 September 1958 word Dr HF Verwoerd verkies tot die Sesde Premier van die Unie van Suid-Afrika. Die kern van sy eerste boodskap as hoofleier is: "Ek aanvaar my verkiesing as ‘n roeping om my plig te doen -- -- om die demokratiese instellings van ons land in die nodige ere te hou --- en --- regverdigheid teenoor blank en nie-blank.
3 Februarie 1960: Die Britse Premiers, Mnr Harold Macmillon, lewer sy "winde van verandering – toespraak" voor ‘n gesamentlike sitting van die Unie-Parlement.
9 April 1960: Die eerste aanslag op dr Verwoerd se lewe vind plaas by die opening van die jaarlikse Paastentoonstelling in Milnerpark, Johannesburg.
Op 20 Mei is die kern van sy radioboodskap na sy ontslag uit die hospitaal: "’n Persoon wat gely het, soos ‘n volk, moet liewers steeds vorentoe kyk en vorentoe beur. Net so, as ‘n volk deur eeue gespaar is in ‘n land van swaarkry maar ook van groot moonlikhede, dan is dit omdat hy ‘n taak het."
5 Oktober 1960: Die dag van beslissing oor die toekoms van ‘n volk, ‘n Volkstemming word gehou oor ‘n republiek vir Suid-Afrika. Die Ja-stem wen met ‘n meerderheid van 74,580 en met ‘n 90,73 persentasie stemming.
15 Mei 1961: In Londen kondig Dr Verwoerd tydens die Statebondskonferensie aan dat Suid-Afrika sy aansoek om voortegesette lidmaatskap van die Statebond terugtrek.
31 Mei 1961: Die inhudiging van die eerste republiekeinse Staatspresident vind plaas in die Groote Kerk, Bosmanstraat, Pretoria, waar mnr C R Swart die eed aflê. Op Kerkplein word die geboorte van die nuwe republiek daarna gevier.
31 Mei 1966: Vyf goeie jare vir die Verwoerd-gesin. Die kinders presteer, naweke (veral Sondae) en vakansietye word soveel as monotlik saam deurgebring in die ampswonings of by Bettysbaai en Stokkiesdraai. Hengel bly dr Verwoerd as geliefde sport, hy doen graag houtwerk en by Stokkiesdraai boer hy, die land se wildtuine met sy gesin waar moontlik, om naby die natuur te wees.
Op 2 September 1966 ontmoet dr Verwoerd ‘n Hoofman Leabua Jonathan, eerste premier van die byna onafhanklike Lesotho, by die Uniegebou in Pretoria: "Die deel van ons ontmoeting was om mekaar te leer ken en vas te stel hoe die goeie buurskap en samewerking bewerkstellig kan word ----."

6 September 1966: Dr HF Verwoerd word is sy bank in die Suid-Afrikaanse Parlement in Kaapstad deur Demitrio Tsafendas met ‘n dolk doodgesteek.
Saterdag 10 September 1966: Die begrafnisdiens by die Uniegebou in Pretoria. Daarna word dr Verwoerd, sesde premier van Suid-Afrika, in die Helde-akker te ruste gelê.

Beel van ‘n Leier:
Parlementarieër sonder weerga.‘n Redenaar wat met die vuur van sy oortuiging vir sy land en nasie geveg het.Staatsman van formaat.‘n Ryk geskakeerde lewe.Gelukkig tussen sy mense.‘n Geliefde gesinshoof.Sportman onder sportmanne.Die oog op die sterre om die geluk en welvaart van sy mense te verseker.

‘n Klein en dapper vrou
Betsie Verwoerd het haar lewe toegewy aan haar gesin.Sy het haar man liefdevol en getrou bygestaan en was ‘n merkwaardige voorbeeld van kalmte te midde van die grootste droefheid.Sy het oorwin, weer opgestaan om voort te bou en te inspireer.
Annatjie boshoff:Orania 24/9/99
(Navorsing veral uit "Man van die Volk", geskryf en saamgestel deur Pieter W Grobbelaar, Human & rossouw 1966, Kaapstad)


http://www.kenweb.info/verwoerd/00a_kort%20beskrywing.htm